Stroom-op Akademie motto

Wednesday 5 September 2018

Jakkals en wolf – Ek lees self reeks- "Review"


AFRIKAANSE ARTIKEL






















Hierdie jakkals en wolf boeke wat ingesluit is by die “Ek lees self”-reeks word deur Wendy Maartens en Chris Venter geskryf en deur Lapa uitgewers uitgegee.

Ons is mal oor jakkals en wolf stories. Ons het verskeie boeke en `n CD met jakkals en wolf stories op, dus het ek gewonder wat maak hierdie boeke uniek.
Wel om mee af te skop is hierdie jakkals en wolf stories baie vereenvoudig tot op `n begin leser se vlak. 

My 3-jarige sal elkeen van hierdie boeke oor-en-oor sit en luister. Daar is ook oulike prentjies onderaan wat nuwe woorde uitbeeld. Kinders kan slegs na die prentjies onderaan die bladsy kyk en sal die storie kan oorvertel met gemak. 

Hierdie boeke is regtig oulik omdat hulle die wêreld van jakkals en wolf op `n eenvoudige manier na die kinders bring, wat hulle belangstelling sal prikkel om later die meer in diepte stories te wil lees.
Beslis waarde vir geld en hope lees-pret!

No comments:

Post a Comment

Kontinente - Suid-Amerika Gratis werkkaarte

Kaart van Suid-Amerika Reënwoude Peru Brazilië Argentinië In aksie: