Stroom-op Akademie motto

Wednesday 29 July 2020

Hoe om `n kind sy naam te leer

1. Herken die naam
2. Lees die naam
3. Skryf die naam

Kom ons kyk nou na elkeen van die stappe in detail.

1. Herken die naam
Net soos woorde vorm maak, sal jou kind sy naam kan herken aan die vorm en ook die beginletter van sy naam.

bv. Jan in vorm lyk soos `n reghoek en dan 2 vierkante. Die krulletjie van die "J" kan ook die deel wees wat die kind herken.

Help jou kind sy naam herken, deur dit uit te wys en te sê: Kyk dis jou naam: "Jan".
Sit jou kind se naam op sy plekmatjie waarop hy eet of op die tafel waar hy werk. Hoe meer hy blootgestel word aan sy naam, hoe vinniger gaan hy dit herken.

2. Lees die naam
Jou kind sal mettertyd leer om sy naam te klank en dan ook om die klanke aaneen te koppel oftewel lees.

Help jou kind deur die klanke te sê en dan sy volle naam bv. "J" "a" "n" dit sê Jan.

ASB!!!! moenie sê "JEE" "AAA" "EN" nie. Dit spel Jan maar kinders lees deur klanke nie deur lettername nie.

Skryf of druk die kind se naam op papier en knip dan die letters los van mekaar. Gee vir die kind `n voorbeeld van hoe om sy naam in volgorde te plaas en laat hy dit oefen.
Later kan jy die voorbeeld wegvat en laat hy slegs die letter reg pak. 

3. Skryf die naam
Net soos by lees, moet daar eers op die letters as individue gekonsentreer word. Elke letter moet alleen geoefen word en kan later dan saamgevoeg word.

 Laat die kind die letters van sy naam eers met sy vinger skryf in sand of vingerverf. 
Daarna kan die kind sy naam oefen met `n voorbeeld en laastens sonder die voorbeeld.

Onthou:

Moenie jou kind vergelyk met ander nie. Die naam Otto is baie makliker om te leer as die naam Dewaldt. 

Vir nog idees gaan kyk gerus hier:

Lekker leer.
Mamma S




No comments:

Post a Comment

Kontinente - Suid-Amerika Gratis werkkaarte

Kaart van Suid-Amerika Reënwoude Peru Brazilië Argentinië In aksie: