Stroom-op Akademie motto

Thursday 4 June 2020

Lys van 50 temas vir voorskoolse kinders

By voorskoolse kinders is `n tema elke week `n goeie wegspringplek. Die voordele van temas is dat dit skool opwindend maak en dat kinders se algemene kennis baie verbreed. Jy kan een tema ook by verskillende ouderdomme aanpas.

Hier is `n lysie van meer as 50 temas wat jy kan gebruik elke week in tuisskool:

1. Lewe en lewende dinge
My liggaamsdele
My liggaam- organe
Visse en Amfibieë
Seediere 
Voëls
Insekte en spinnekoppe
Wilde diere
Reptiele
Troeteldiere
Plaasdiere
Nagdiere
Eiers/geboorte

2. Plante en voedsel
Plante
Bome
Vrugte en Groente
Voedselbronne - hoenders gee eiers, koeie gee melk

3. Gemeenskap helpers
Mediese sorg
Tandarts
Brandweer
Polisie
Posdiens

4. Aarde
Water
Lug
Wind
Vulkane/ Landformasies
Vuur
Skuilings
Huise
Plase
See/riviere

5. Ruimte
Sterre
Son
Maan
Planete
Ruimtetuie en ruimtevaarders
Seisoene
Dag/nag

6. Vervoer
Seevervoer
Lugvervoer
Treine
Karre, busse ens
Motorfietse, fietse ens

7. Wetenskap
Sintuie
Lig
Magnetisme
Elektrisiteit
Energie
Metale
Materiale soos plastiek
Herwinning en afbreking van stowwe

8. Geografie
Koninente en oseane
Afrika
Suid-Afrika en provinsies
Tuisdorp


Hierdie lysie is nie volledig nie maar hoop dit gee iemand `n idee van die magdom temas waarvan `n mens kan kies.







Watter tema sal jy byvoeg?

Groete Mamma S

1 comment:

  1. Baie oulik! Goed om te sien daar is baie verskillende temas dat mens elke jaar ander temas kan kies.

    ReplyDelete

Kontinente - Suid-Amerika Gratis werkkaarte

Kaart van Suid-Amerika Reënwoude Peru Brazilië Argentinië In aksie: