Stroom-op Akademie motto

Saturday 6 June 2020

Roetine vir voorskoolse kinders

As ek aan mense noem dat my kinders nie kleuterskool toe gaan nie want ons tuisonderrig, is die algemene reaksie maar "jou kinders moet speel". Ek dink mense het `n wanpersepsie van wat tuisonderrig vir voorskoolse kinders is. Net omdat ons tuisonderrig beteken nie dat my 4- en 2 jarige heeldag by `n tafel sit nie.

Hier is `n voorbeeld van ons daaglikse skedule:
5:30 Opstaan
5:45 Bybel en boeke lees
6:00 Ontbyt
        Aantrek
        Tandeborsel
7:00 Oggend takies waarmee kinders help
        Mamma-tyd - oefen ens.- Kinders speel buite
        Kos voorbereiding waarmee kinders help
8:00 Skool:  Liggaamsoefeninge (10min)
                    musiektyd (10min)
                    sirkeltyd    (10min)
                    tematyd    (10min)
                    tafelwerk  (20min)
9:00   Peuseltyd
9:15   Binnespel met "open ended" speelgoed soos blokkies
10:00 Buite speel - groot motoriese vaardighede
10:30 Lees
11:00 Slaap
12:30 Middagete
13:00 Takietyd binne in die huis saam mamma
14:00 Fyn motoriese werk
14:30 Lees
15:00 Buite speel/ swem/ fietsry
16:00 Opruimtyd
          Honde kos gee
17:00 Aandete
          Bad
          Lees vir 30min
18:00 Slaap vir die nag

In `n tipiese skooldag speel my kinders 3 ure buite, hulle sit stil vir `n totaal van 40 min en lees vir 1 en halwe uur van die dag.

By `n skooltjie waar kinders van 8:00 tot 13:00 skool gaan speel hulle seker net 1 uur buite. Kinders spandeer baie meer tyd binne `n klaskamer.

Ek dink dis verkeerd om net aan te neem dat kinders wat tuisonderrig doen, minder speel. Ek sal graag meer mense bewus wil maak van wat tuisonderrig met voorskoolse kinders regtig behels. 

Ons dag is baie gestruktureerd soos wat dit ook by `n skool sal wees omdat my kinders floreer op `n roetine. Hierdie is ook net ons doelwitte en soms kom ons nie by alles uit nie, maar ek weet daar is `n tyd geskeduleer om by alles te kan uitkom. 

Ons doen skool op die stadium net 3 dae per week en die ander 2 dae gaan ons dorp toe of biblioteek toe tussen 8:00 en 9:00. Die res van die dag lyk min of meer dieselfde - elke dag. 

Ek hoop hierdie gee `n mamma dalk bietjie insig hoe `n voorskoolse dag by die huis kan lyk. 

Groete Mamma S

No comments:

Post a Comment

Kontinente - Suid-Amerika Gratis werkkaarte

Kaart van Suid-Amerika Reënwoude Peru Brazilië Argentinië In aksie: