Stroom-op Akademie motto

Sunday 14 June 2020

Tuisskool vir 1 tot 2jariges

Baie nuwe mammas vra vir my waar hulle moet begin. Wat kan hulle doen om hulle 1 tot 2 jarige nie net besig te hou nie, maar ook te stimuleer?

Hier is my top 5 dinge om te doen. 

1. Lees
Lees, lees, lees, lees. 
Die beste tyd om vir jou kind te begin lees is gister. Anders begin vandag. Lees stories met rympatrone of stories wat dieselfde trant het. Wys prente in boeke uit en sê wat dit is. 
As jy niks anders kan doen nie, asb lees vir hulle. 

2. Sing/Musiek 
Ja, jy moet sing. Of sit liedjies aan sing saam. Julle kan dans en musiek maak ook daarby. Musiek is 'n wonderlike hulpmiddel. Kinders leer vinniger deur musiek te gebruik. Dink aan die alfabet, jou kind kan dit sing lank voor dat hy eers weet wat dit is. 

My oudste het al op 3 al die planete geken, kontinente en nog baie meer, net omdat ons dit sing. 

3. Flitskaarte
Daar is 4 pakkies flitskaarte wat jy elke dag moet gebruik:
letterklanke
nommers 1 tot 20
kleure
vorms

4. Fynmotories
Oefen die spiertjies in die handjies deur allerhande aktiwiteite. Kies 3 op 'n dag en dis genoeg. 
Bv. Sorteer bone of knope, verf met water op grond of pas sokkies in pare bymekaar. Bou legkaarte of blokkies saam. Leer diere se geluide aan of liggaamsdele.

5. Grootmotories
Speeltyd is heeltyd maar maak ook 'n punt daarvan om doelbewus te speel. Bv gooi en vang bal, skop die bal. Loop op 'n lyn. Sit boontjiesak op kop en loop. Hop soos diere, loop hande-viervoet of doen kruiwaloop.

As jy doelbewus hierdie dingetjies elke dag met jou kind doen, gaan jou kind ontwikkel in al die belangrike areas.

Geniet hul kleintyd, dis vinnig verby. 

No comments:

Post a Comment

Kontinente - Suid-Amerika Gratis werkkaarte

Kaart van Suid-Amerika Reënwoude Peru Brazilië Argentinië In aksie: