Tuesday, 19 January 2021
Wednesday, 13 January 2021
Noord Amerika - Kanada, VSA, Meksiko
Ons doen elke 6 weke `n nuwe kontinent.
Hier is die bladsye wat ons gebruik het.
Jy kan self besluit of wil jy hê dat die kind moet verf, inkleur, natuurlike materiaal inplak, die prentjie uitsny ens.
Elke kind kan dit ook anders doen volgens sy ouderdom en vermoë.
VSA
Tuesday, 12 January 2021
Klankkaart
10 dinge wat `n kind voor 8 jaar oud moet weet
Daar is `n paar algemene dinge wat alle kinders behoort te weet teen die tyd wat hulle 8 jaar oud is. Baie keer maak ons as ouers so staat op die skool dat ons vergeet om seker te maak dat ons kinders hierdie basiese kennis en vaardighede onder die knie het.
1. Om hul naam te skryf
`n Kind behoort hul naam en van op die regte manier te skryf en nie alles in hoofletters nie bv. Miané Smit en nie MIANE SMIT nie.
2. Ken hul basiese persoonlike inligting
`n Kind behoort sy adres,ouers se name en `n telefoonnommer te ken.
`n Kind behoort die volledige geboortedatum te ken, dag, maand en jaar. bv 2 Oktober 2013
3. President
`n Kind behoort te weet wie die President is van hul land.
4. Kontinent, land, provinsie en dorp
`n Kind behoort deur hul kontinent, land, provinsie en dorp te ken te kan bepaal waar op die wêreldkaart hy homself bevind.bv Afrika, Suid-Afrika, Noord-Kaap, Kathu.
5. Om `n baiese ete te kan maak
Dalk roereiers in die mikrogolf of `n broodjie te kan smeer. Net iets eenvoudig is al klaar `n begin.
6. Om `n fiets te kan ry
Begin deur `n balans fietsie wat geen trappe het nie en voeg later trappe by. Moenie vir die kind `n fiets gee met kleinwieletjies aan nie, dan leer hulle om eers te trap maar het steeds nie goeie balans nie.
7. Om te swem
Teen 8 jarige ouderdom behoort alle kinders te kan swem. Vat die tyd om hulle te leer. dit kan hulle lewe red.
8. Om hul beddens netjies te maak
Hierdie vaardigheid leer `n kind dat die klein goedjies tel en om dit eerste ding in die oggend te doen,is die begin van `n produktiewe en suksesvolle dag.
9. Leer om skoene vas te maak
Wys hulle hoe en laat hulle dit gereeld oefen.
10. Leer jou kinders om uit hul hart te bid
Laat hulle sê waarvoor hul dankbaar is en dan leer hulle hoe om God te dank daarvoor in hul gebed. Leer hulle eers `n eenvoudige sinnetjie en laat hulleself dan daarop uitbrei soos hul ouer word.
`n Goeie idee om nie te vergeet om hierdie goedjies te doen nie, is om dalk `n lysie teen die yskas te sit. `n Ander manier om inligting te memoriseer is om die vragies op stukkies karton te skryf en êrens te bêre waar jy dit gereeld kan hersien. Ons het `n houertjie in die kar, en as ons ry kan ek die vragies aan die kinders vra soos `n karspeletjie.
Watter vaardighede en kennis sal jy wil bysit op die lys?
Groete Mamma S
Sunday, 2 August 2020
Saturday, 1 August 2020
Hoekom ons tuisskool verkies.
As jy die dag siek is, kan ek jou amper belowe dat die staatskliniek en staatshospitaal nie vir jou `n opsie is nie want jy vertrou die fasiliteite heel waarskynlik nie. Daar mag dalk uitstekende dokters en verpleërs wees wat `n passie het om mense te help, maar as die hospitaal nie geld het vir beddens of skoon lakens of toiletpapier nie, is die dokter se hande afgesny en kan hy nie vir jou die nodige sorg verskaf nie.
Net so is dit met ons skoolstelsel. Daar is nog onderwysers en hoofde in staatskole wat `n passie het vir die onderrig van ons kinders, maar as die staat bepaal wat my kind moet leer en die materiaal wat verskaf word is van swak gehalte, kan ons nie verwag dat ons kind/ers met kwaliteit onderrig daar gaan uit stap nie. As die stelsel nie werk nie, is die onderwyser se hande ook afgekap ongeag hoe lief daardie onderwyser vir sy werk is.
En dit is presies waarom ons tuisskool gekies het.
1. Geloof
Ek wil my kinders `n rotsvaste begin gee deur ons eerste fokus ons Godsdiens te maak. Ek wil hê my kinders moet weet wat ons glo en waarom ons iets glo. Die skoolstelsel bevorder gelykheid van gelowe en gaan nie my kind sy eie geloof leer nie. As `n skool open met gebed beteken dit nie dat hulle jou kind gaan leer oor die Christengeloof nie. Dis bloot net `n formaliteit om ouers gelukkig te hou.
2.Kwaliteit onderrigmateriaal
Ek wil vir my kind die standaard en kwaliteit van onderrig vasstel. Ek wil graag vir my kind die hele geskiedenis leer - reg of verkeerd. Ek wil my kind graag onderrig in wêreldsake en nie net wat die staat bepaal my kind soos `n papegaai moet leer vir `n toets nie.
3. Individualiteit
Elke kind is uniek met verskillende Godgegewe talente en eienskappe en
deur tuisskool het die ouer die mag en reg om sy kind te kan lei om sy uniekheid te besef en te kan uitleef. Daarenteen word `n kind op die ouderdom van 6 jaar na `n indoktrinasie sentrum (skool) gestuur om gevorm te word deur die staat. Dis geen wonder dat ons kinders, ons jeug en toekoms, rigtingloos is nie. Hulle weet nie meer waar hulle inpas nie. Hulle het hule identiteit verloor. Ons skole is besig om wêreldlinge van ons kinders te maak.
4.Koste effektief
Skoolfonds, ekstra aktiwiteite, uniforms ens. kan gou optel om `n groot bedrag te word. Deur te tuisskool kan ek die uitgawes 100% beheer. Ek besluit watter aktiwiteite my kinders aan deelneem, hoeveel kunsmateriaal ons gaan benodig en of ons "uniforms" wil dra. As ouer kan jy ook die kurrikulum kies wat jou sak gaan pas. Ek glo dat `n mens jou kind kan tuisonderrig met net `n biblioteekkaartjie. Kennis is mag.
5.Tydsbestuur
So baie van ons kinders se tyd by die skool word gebruik vir ander dinge as onderrig. Ek het self skool gehou en weet dat baie periodes spandeer word om die hele klas se huiswerk te merk of om te wag vir die stadiger kinders of om kunsprojekte of take af te handel wat sekere kinders lankal klaar het. Kinders werk nie almal teen dieselfde spoed nie en so dikwels word die kind wat sy werk vinniger afhandel daardeur benadeel.
Nog `n positief van tydsbestuur is dat ons gesin nie gebonde is aan skoolvakansies ens. nie. Ons kan plekke besoek wanneer dit aansienlik stiller en goedkoper is.
Hierdie is net `n kortlysie van die redes waarom ons gesin tuisonderrig verkies.
Is julle `n tuisonderrig gesin? Dink jy daaraan om te begin?
Laat weet gerus watter vrae jy dalk het oor tuisonderrig.
Groete Mamma S
Kontinente - Suid-Amerika Gratis werkkaarte
Kaart van Suid-Amerika Reënwoude Peru Brazilië Argentinië In aksie:
-
1. Herken die naam 2. Lees die naam 3. Skryf die naam Kom ons kyk nou na elkeen van die stappe in detail. 1. Herken die naam Net soos woorde...
-
Ons doen elke 6 weke `n nuwe kontinent. Hier is die bladsye wat ons gebruik het. Jy kan self besluit of wil jy hê dat die kind moet verf, ...








































